Maak varkschnitzel met brandrissiemayonnaise vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
4 varkvleisstukke 125 ml (½ k) koekmeel 2 eiers, geklits 45 ml (3 e) melk 1 25 ml (½ k) growwe broodkrummels 250 ml (1 k) mayonnaise 45 ml (3 e) brandrissiesous 2,5 ml (½ t) knoffelsout 5 ml (1 t) gemengde kruie
Metode
- Plaas varksnitte op kapbord. Sit stuk kleefplastiek oor vleis. Kap dunner met rolstok of vleishamer.
- Rol vleis in koekmeel.
- Klits eiers en melk saam, doop vleis daarin gevolg deur broodkrummels.
- Meng mayonnaise, brandrissiesous, knoffelsout en kruie saam.
- Braai schnitzel in vlak olie tot goudbruin en gaar.
- Bedien met mayonnaisemengsel en gestoomde groente.
Wenke
Gebruik vars kruie soos pietersielie, basiliekruid, dille en koljander – dit maak ’n groot verskil in smaak