Sangria is die ideale drankie om die heel aand aan te teug en dit gaan nie jou sak te veel ruk nie. Dit is nie nodig om die duurste wyn daarvoor te koop nie, kyk eerder vir ‘n goedkoper droë rooiwyn wat ook vrugtig is.
Alhoewel hierdie nie ‘n tradisionele sangriaresep is nie, is dit bes moontlik die vinnigste manier om sangria te maak. Die smaak staan ook glad nie terug nie!
Bestanddele
1 liter droë rooiwyn
2 groenappels, in blokkies gesny
500 ml Sprite of lemonade
500 ml Fanta Orange, of ander lemoengaskoeldrank
Metode
- Meng die rooiwyn en appelblokkies ongeveer een uur voordat jy die sangria wil bedien. Hou dit in die yskas.
- Voeg net voor opdiening die twee koeldranksoorte by en geniet.
WENK Vir ‘n witwynsangria kan jy die appel met pynappelblokkies en die lemoengaskoeldrank met pynappelgaskoeldrank vervang.