Hou ’n teepartytjie waar jy die heeldag om die tafel kan kuier en gesels
• ongeveer 60 happies
BESTANDDELE
1,2 kg (3 x 400 g) skilferkorsdeeg
VULSEL
genoeg olyfolie
4 groot uie, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2 ml droë tiemie
166 ml (2/3 k) ligte bruinsuiker
10 ml (2 t) balsemieke asyn
sout en peper na smaak
500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
klein stukkie bloukaas, gekrummel
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
BOLAAG
bietjie melk vir oor
bietjie papawersaad vir oor
• Stel oond op 220 °C
BESTANDDELE
1 Rol skilferkorsdeeg oop op werksoppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
2 Sit skilferkorsdeeg voor jou sodat dit reghoekig lê, kort kante aan sykant.
3 Sny deeg horisontaal in helfte sodat jy twee lang stroke per skilferkorsdeegvel het. Doen dieselfde met ander skilferkorsdeeg. Bedek deeg met klam lap terwyl vulsel gemaak word.
4 Vulsel Verhit genoeg olie en soteer uie, knoffel en tiemie tot sag.
5 Voeg bruinsuiker en balsemieke asyn by en soteer oor lae hitte vir ses minute of tot gesmelt.
6 Voeg klein bietjie sout en peper by. Verwyder van hitte en laat bietjie afkoel.
7 Voeg kase en pietersielie by en roer deur tot gemeng.
8 Verdeel uimengsel in ses dele en skep in middel van elke langwerpige strook.
9 Verf kante van skilferkorsdeeg met water en druk kante bymekaar, sodat dit langwerpige rol vorm. Keer versigtig om.
10 Verf melk oor en sprinkel papawersaad oor.
11 Sny in happiegroottes van ongeveer 3 cm.
12 Sit effens uit mekaar op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is.
13 Bak vir 10 minute by 220°C en draai hitte dan laer na 180°C en bak vir nog 10 tot 12 minute tot ligbruin.
WENK Bloukaas kan met enige ander kaas vervang word waarvan jy hou, soos feta of gorgonzola
Kontak Oakfield Farm, Muldersdrif, Johannesburg, 082 606 6000 of www.oakfield.co.za. Tafels, bykomstighede en blomme beskikbaar by Magnifique Floral Art 079 413 7180 of [email protected]