Bak ’n heerlike koek vir Moedersdag
Bestanddele
200 g koekmeelblom
½ t bakpoeier
2 t Twinings groentee (los)
6 eiergele
250 g strooisuiker
2½ e water
10½ e vanielje-ekstrak
6 eierwitte
2 t swart sesamsaad as garnering
’n Paar druppels groen voedselkleursel
300 g botter, versag
450 g versiersuiker
2 – 4 e melk
Metode
1 Plaas ’n bamboesstomer wat groot genoeg is om ’n 23 cm-koekblik te hou, oor kokende water. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en groenteepoeier saam. Sit eenkant.
2 Meng die eiergele, suiker, water en vanielje-ekstrak saam in ’n groot bak. Gebruik ’n elektriese menger en meng op mediumspoed tot die mengsel se volume drie keer meer is. Vou die meelmengsel sagkens in tot dit gemeng is.
3 Klop die eierwitte totdat hulle stywe punte vorm. Vou die eierwitte sagkens in die eiergeelmengsel in. Gooi die deeg in die koekblik.
4 Plaas die koekblik in die stomer. Sit ’n skoon vadoek oor die koekblik sonder dat dit aan die oppervlak raak. Maak dan toe met die stomer se deksel. Stoom die koek vir 20 minute of totdat ’n toetspennetjie skoon uit die koek uitkom. Verkoel op ’n draadrak.
5 Botterversiering Klop die botter in ’n groot bak tot sag. Voeg helfte van die versiersuiker by en klop tot glad.
6 Voeg die oorblywende versiersuiker en een eetlepel van die melk bymekaar en klop tot dit romerig en glad is. Klop die melk indien nodig by om die mengsel losser te maak.
7 Roer die voedselkleursel goed in
8 Versier die koek eweredig met die botterversiersel
9 Sprinkel die swart sesamsade oor die koek en bedien