24 Happies.
Bestanddele
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
bietjie melk vir bo-oor
Vulsels
bietjie olie
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
340 g (2 x 170g blikke) tuna in water, gedreineer
125 g (½ bakkie) geroomde maaskaas
60 ml (4 e) mayonnaise
60 ml (4 e) soetrissiesous
knypie sout en peper
Metode
Stel oond op 200 °C.
1 Laat skilferkorsdeeg oornag in yskas ontdooi. Rol deeg oop. Sny in reghoeke van 6cm x 4cm groot.
2 Voer bakplaat met bakpapier en spuit met kossproei.
3 Plaas deegreghoeke op bakplaat. Verf bietjie melk oor en bak vir 14 minute of tot goudbruin op bokant. Laat op draadrakkie afkoel.
4 Vulsel Verhit bietjie olie en soteer ui en seldery vir drie minute. Voeg soetrissies by en soteer nog twee minute. Verwyder van hitte.
5 Voeg tuna by en roer tot gemeng.
6 Roer roomkaas tot sag. Meng mayonnaise, soetrissiesous, sout en peper daarby tot goed gemeng. Roer by tunamengsel.
7 Skep op klaar gebakte skilferkorsreghoeke. Rond af met mikroblaartjies (opsioneel) en sit dadelik voor.