Maak dié maklike tunakoekies ná ’n lang dag by die werk
TUNAKOEKIES
4 porsies
Bestanddele
2 blikke tuna, gedreineer
250 ml (1 k) patats, grofgerasper
skil en sap van 1 suurlemoen
1 sprietui, fyngekap
1 eier
60 ml (¼ k) broodkrummels
sout en peper
15 ml (1 e) varsgekapte koljanderblare
NEKTARIENSALSA
4 nektariens
15 ml (1 e) olyfolie
5 ml (1 t) suurlemoensap
sout en peper
15 ml (1 e) varsgekapte koljanderblare
Metode
1 Tunakoekies Meng alle bestanddele.
2 Vorm agt ewe groot koekies
3 Druk plat en hou in yskas vir 15 minute.
4 Braai in bietjie olie tot goudbruin.
5 Bak in oond vir nog 10 minute.
6 Nektariensalsa Kap nektariens in klein blokkies op.
7 Meng met olyfolie, suurlemoensap, sout, peper en koljanderblare.
8 Sit voor saam met tunakoekies.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.