As jy nie lus is vir ure voor die stoof nie, probeer dié maklike resep vir tunakoekies
4 porsies
2 groot aartappels, geskil en in bloke gesny
4 grasuie, fyngekap
½ rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
½ lemmetjie se skil, fyngerasper
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) sout
swartpeper na smaak
1 eiergeel
3 40 g (2 x 170 g-blikke) tuna in water, gedreineer
OM IN TE ROL
125 ml (½ k) koekmeel
2 eiers, geklits
250 ml (1 k) droë broodkrummels
klont botter
ongeveer 250 ml (1 k) olie
Metode
- Kook aartappels tot sag. Dreineer en maak fyner met vurk tot glad en sonder klonte. Moenie enige vloeistof byvoeg nie, anders gaan viskoekies te pap wees.
- Meng oorblywende bestanddele, verdeel in vier dele, druk goed bymekaar en vorm ronde koekies.
- Om in te rol Rol viskoekies in koekmeel, dan in geklitste eier en dan in droë broodkrummels.
- Verhit botter en genoeg olie om viskoekies halfpad te bedek. Braai albei kante tot goudbruin.
- Sit saam met slaai voor vir ’n vullende ete.