Maak hierdie lekker tuna-smeltbroodjie sommer vir middagete!
Bestanddele
4 porsies
bietjie olie 1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel
1 klein rooi soetrissie, fyngekap
2 stingels seldery, fyngekap
10 ml (2 t) Italiaanse kruie
3 blikke tuna, gedreineer
80 ml (1/3 k) mayonnaise
30 ml (2 e) room
30 ml (2 e) blatjang
1 baguette
250 ml (1 k) gerasperde kaas
Metode
- Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag. Roer soetrissie en seldery by en braai effe.
- Roer kruie en tuna by uiemengsel. Haal van hitte af en laat effe afkoel.
- Roer mayonnaise, room en blatjang deur tunamengsel.
- Sny baguette bo-op oop. Haal bietjie van brood uit binnekant.
- Skep tunamengsel in brood in en sprinkel met kaas.
- Skakel roosterelement aan en plaas broodjie onder element tot goudbruin. Bedien dadelik met slaai.