Sangeres Karlien van Jaarsveld deel haar resep vir ‘n heerlike tuna-en-tjips-tert met ons.
Sy sê sy is beslis nie ’n wafferse kok nie en kan nie sonder Woolies se maklike disse kosmaak nie! En met besige kleingoed in die huis, is sulke kos veral ‘n goeie plan. Karlien sê sy bewonder almal wat lekker kan kook en hou self van kos waar deeg betrokke is en is baie lief vir enige kerriekos.
Tuna-en-tjips-tert
6 tot 8 porsies
170 g (1 blikkie) tuna, gedreineer
1 middelslagui, gerasper
50 ml blatjang
50 ml mayonnaise
2 eiers, geklits
100 ml volroommelk
125 g (1 groot pak) kaas-en-uie-tjips,fyngedruk
187 ml (¾ k) cheddarkaas, gerasper
- Meng alle bestanddele in mengbak.
- Spuit mikrogolfvaste tertbord van 20 cm met kossproei.
- Giet tunamengsel in tertbord en mikrogolf vir 12 tot 15 minute op hoog. Die middel moet net gestol wees.
WENK Die tyd sal deurdie sterkte (watt) van jou mikrogolfoond bepaal word