Nog nie gedink aan aandete nie? Maak hierdie maklike tuna-en-soetrissie-rol
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
3 40 g (2 x 170 g-blikke) tuna in water, gedreineer
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
3 hardgekookte eiers, grofgekap
30 ml (2 e) mayonnaise
60 ml (4 e) soetrissiesous
sout en peper
4 00 g (1 rol) gekoopte skilferkorsdeeg
VIR BO-OOR
bietjie melk
sesamsaad
Metode
Stel oond op 220 °C.
- Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is. Verwyder van hitte.
- Roer tuna, kaas, eiers, mayonnaise, soetrissiesous, sout en peper by.
- Rol skilferkorsdeeg oop en skep tunamengsel oor. Moenie vulsel tot op kante smeer nie.
- Rol skilferkorsdeeg vanaf kort kant soos rolkoek op.
- MAAK OOK: Patatrol
- Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is.
- Sny tunarol in skywe, maar nie heeltemal deur nie.
- Vir bo-oor Verf bietjie melk oor tunarol en sprinkel sesamsaad bo-oor.
- Bak vir 10 minute by 220 °C. Draai stoof se hitte laer en bak vir 20 minute by 180 °C of tot gaar in middel.
- Plaas foelie oor indien bokant te donker bak.