Maklik en vinnig – ideaal vir ‘n weeksaand
4 porsies
500 g (1 pak) pennepasta
genoeg olie
knypie sout
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
400 g (1 blik) gekapte tamaties
5 ml (1 t) suiker
2 ml sout
peper na smaak
340 g (2 x 170 g-blikke) tunastukke, gedreineer
12 olywe, ontpit en in skyfies gesny
1 Kook penne tot al dente in borrelende water waarby bietjie olie en sout gevoeg is.
2 Dreineer pasta en roer nog bietjie olie deur sodat dit nie aan mekaar vasklou nie. Hou eenkant.
3 Verhit bietjie olie en soteer uie, knoffel en kruie daarin tot uie sag is.
4 Voeg tamaties, suiker, sout en peper by. Laat kook sonder deksel sodat meeste van vloeistof verdamp en nie meer souserig is nie.
5 Meng tuna en olywe by. Kook tot deurwarm.
6 Roer tunamengsel liggies by pasta en sit warm voor.