Moeg en min lus vir kosmaak? Hier is ’n vinnige oplossing
• 4 Porsies
Bestanddele
4 groot aartappels
bietjie olie
1 ui, gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
3 grasuie, gekap
250 ml (1 k) mayonnaise
170 g (1 blikkie) tuna, gedreineer
ekstra kaas vir bo-oor
Metode
1 Kook aartappels in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) gevoeg is tot gaar.
2 Dreineer en halveer in lengte.
3 Skep binneste gedeelte van aartappels uit, maar los ‘n randgedeelte sodat aartappel nog vorm kan behou. Druk aartappel fyn en hou eenkant.
4 Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg soetrissie by en soteer nog twee minute. Verwyder van hitte en roer fyn aartappel, kaas, grasuie, mayonnaise en tuna by.
5 Meng liggies en skep terug in uitgeholde aartappels.
6 Plaas aartappels in oondbak. Sprinkel ekstra kaas bo-oor.
7 Plaas onder oond se roosterelement tot kaas gesmelt is.
Sit voor saam met groente of slaai.