Niemand sal ooit weer vir gekoopte vla vra as jy eers jou eie gemaak het nie!
Bestanddele
6 eiergele
5 ml (1 t) mielieblom (Maizena)
80 ml (1/3 k) strooisuiker
250 ml (1 k) melk
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) vanielje
Metode
- Skei eiers en klits eiergele, mielieblom en suiker saam tot liggeel en dik.
- Verhit melk en room tot dit net kook. Gooi melkmengsel stadig by eiermengsel.
- Sit mengbak bo-op pot met kookwater en roer aanhoudend tot verdik en eier gaar is.
Wenke
- Gebruik ’n metaalbak as jy bo-oor die stoombad roer, dit gelei hitte beter.
- Om te toets of die vla gaar is, trek jou vinger oor die agterkant van die houtlepel, as dit ’n pad vorm, is die vla gaar. Die borrels sal ook verdwyn.
- Moenie ’n klitser gebruik nie, dit sal borrels in die vlamengsel inklits.