Eiers is die veelsydigste bestanddeel in jou yskas om ‘n ete mee op te tower
Bestanddele
• ongeveer 24 blokkies
60 ml (4 e) mielieblom
125 ml (½ k) versiersuiker
500 ml (2 k) suiker
250 ml (1 k) water
15 ml (1 e) gouestroop
knypie sout
45 ml (3 e) gelatien
90 ml (6 e) water
2 ekstragroot eierwitte
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
60 ml (4 e) pistasieneute, grofgekap
Metode
1 Smeer bak van 24 cm x 24 cm met botter of gebruik kossproei en voer bak met bakpapier uit.
2 Meng mielieblom en versiersuiker en sif helfte van versiersuikermengsel in bak. Hou res eenkant.
3 Plaas suiker, water, gouestroop en sout saam in kastrol.
4 Verhit suikermengsel stadig tot dit kook. Roer van tyd tot tyd. Suiker moet oplos voordat suikermengsel begin kook.
6 Stel stoofplaat se hitte bietjie hoër wanneer al die suiker gesmelt is sodat suikermengsel kan begin kook.
7 Kook tot sagtebalstadium (115 °C). Toets dit op koue oppervlak. Suikermengsel moet vorm kan behou wanneer ‘n druppel op koue oppervlak gedrup word.
8 Sprinkel gelatien oor 90 ml (6 e) water en laat tot gespons.
9 Roer gesponste gelatien by warm suikermengsel. Verwyder van hitte.
10 Klits eierwitte tot styf. Gooi warm stroop stadig oor styfgeklitste eierwitte terwyl jy aanhoudend klits. Klits tot dik en romerig.
11 Roer vanieljegeursel en neute by.
12 Skep mengsel in voorbereide bak. Maak gelyk bo-op.
13 Sif oorblywende versiersuikermengsel bo-oor.
14 Laat staan tot malvalekkers gestol is.
15 Doop mes in warm water, vee water af en sny malvalekkers in blokkies.
16 Rol malvalekkerblokkies in versiersuikermengsel wat oorgebly het.