Hoe lekker is ’n vuurwarm brood uit die oond nie! Rogbrood is gesond en die smaak is uniek
Rogbrood
1 brood
Bestanddele
1 pakkie kitsgis
20 ml (4 t) bruinsuiker
350 ml louwarm water
700 ml (300 g) rogmeel
370 ml (200 g) witbroodmeel
5 ml (1 t) sout
olyfolie
Metode
1 Meng kitsgis, bruinsuiker en water en roer totdat kitsgis oplos. Laat staan vir 10 minute.
2 Meng rogmeel, witbroodmeel en sout en gooi gismengsel by. Roer totdat deeg bind.
3 Smeer olyfolie op werksoppervlak en keer deeg uit. Knie deeg vir 10 minute tot glad en elasties.
4 Plaas deeg in bak en bedek met plastiek. Laat rys vir 1 uur of tot dubbelvolume.
5 Keer deeg op meelbestrooide oppervlak uit en druk die deeg versigtig plat in ovaalvorm. Rol deeg op soos rolkoek en knyp kant vas. Rol deegwors om naat te verbloem.
6 Plaas deegwors op meelbestrooide bakplaat, sprinkel met rogmeel en bedek met vadoek. Laat rys vir 30 minute of tot dubbelvolume.
7 Voorverhit oond tot 220 °C en plaas oondbak met water op oond se onderste rak.
8 Sny kruispatroon met skerp mes in deeg en bak vir 30 minute tot goudbruin en gaar.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.