Bedien 12 to 18
Wie sou kon raai dat gesnipperde hoender so lekker kan smaak? Wel, Thuli Gogela, een van Suid-Afrika se gewildste koskenners en bloggers, het beslis so gedink.
Thuli het Tshohlo (‘n Sotho-woord vir gesnipperde hoender) gevat, mango-atjar en ’n paar ander spesiale bestanddele bygevoeg, en pleks van dit met pap of gestoomde brood te bedien, gebruik sy die kombinasie as ’n smaaklike quiche-vulsel.
En net om die vrugtige, speseryagtige geure ten volle na vore te bring, bedien sy dit met Nerderburg se Foundation Rosé. Die wyn is verfrissend vrugtig, met geure van bessies wat op mens se tong dans en ’n asemrowende metgesel vir hierdie interessante en verruklike dis vorm.
Bestanddele
Hoender (Tshohlo)
4 hoenderborsies
125 ml (½ koppie) kokende water
2 lourierblare
1 blokkie hoenderaftreksel
1 ml borrie
Atjar-vulsel
15 ml (1 eetlepel) canola- of olyfolie
1 groot prei met blare, gekap
½ rooi soetrissie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
3 tamaties, geskil en in blokkies gesny
250 ml (1 koppie) mango-atjar
15 ml (1 eetlepel) vars tiemie of 5 ml (1 teelepel) gedroogde tiemie
2,5ml (½ teelepel) vars gemaalde swart peper, na smaak
Sout, na smaak (opsioneel)
Pasteideeg
800 g skilferdeeg
Meelblom vir bo-oor sprinkel
250 ml (1 koppie) volroommelk
2 eiers
Vir afronding
30 ml (2 eetlepels) gedroogde pampoensaad
Metode
Hoender (Tshohlo)
1 Kook die hoenderborsies in ? braaipan op ? warm stoof met die water, lourierblare, hoenderaftreksel en borrie.
2 Kook tot gaar en die borsies regdeur wit is. Laat hulle afkoel.
3 Versnipper die hoender met ’n vurk en sit eenkant.
Atjarvulsel
1 Verhit die olie in ’n mediumgroot-pan. Braai die prei, rooi soetrissie en knoffel vir sowat 2 minute.
2 Voeg tamaties, atjar, tiemie en peper by. Kook vir sowat 2 minute.
3 Voeg die versnipperde hoender by die atjar- en preimengsel. Meng goed en sit eenkant.
Mini-quiches
1 Voorverhit die oond tot 190°C.
2 Rol die pasteideeg uit op ’n oppervlak bestrooi met meelblom en sny in sirkels met ’n deursnit van 12 cm.
3 Besmeer ’n muffinpan liggies met olie en plaas die deegsirkels versigtig in die muffinbakkies.
4 Prik die bodem van elke deegsirkel met ’n vurk, voer die bakkies uit met waspapier (bo-op die deeg) en vul met bone, rys of stampmielies.
5 Bak vir 20 minute. Verwyder die waspapier met die vulsel. Verlaag die oond se temperatuur tot 180°C.
6 Skep van die Tshohlo-mengsel in elke deegbakkie.
7 Klits die melk en eiers saam en gooi oor die Tshohlo-mengsel. Besprinkel met pampoensaad.
8 Bak vir 45 tot 50 minute. Laat staan vir 10 minute voor die mini-quiches uit die muffinpan verwyder word.
9 Geniet met Nederburg Foundation Rosé.