Kerrie-en-rys is altyd ’n treffer! Maak dit vir aandete
4 porsies
Bestanddele
VLEIS
1 ui
500 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn knoffel-en-gemmermengsel
30 ml (2 e) kerriepoeier
375 ml (1½ k) beesaftreksel
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
500 ml (2 k) bevrore groente
sout en peper
RYS
500 ml (2 k) witrys
750 ml (3 k) water
Metode
- Vleis Verhit bietjie olie en braai ui tot sag. Skep uit en hou eenkant.
- Braai maalvleis in dieselfde pan tot bruin en geurig.
- Gooi ui terug by maalvleis, gevolg deur knoffelmengsel en kerriepoeier. Braai goed.
- Gooi aftreksel en appelkooskonfyt by en kook vir omtrent 10 minute.
- Gooi groente by en laat kook vir 10 minute.
- Rys Sit water en rys met 5 ml sout in kastrol en laat kook tot sag.