Bedien hierdie tradisionele frikkadelle met tamatiesous saam met kapokaartappels en gestoomde groente
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gerasper
5 ml (1 t) fyn knoffel
10 ml (2 t) olie
600 g maalvleis
1 groot aartappel, grofgerasper
2 eiers
20 ml (4 t) fyn pietersielie
5ml (1 t) sout varsgemaalde swartpeper
SOUS 420 g (1 blik) gekapte tamaties
½ ui, gekap
2,5 (½ t) fyn knoffel
sout en peper
5 ml (1 t) bruinsuiker
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Braai uie en knoffel in olie tot sag.
- Meng uiemengsel met res van frikkadelbestanddele en laat vir paar minute staan.
- Vorm 18 tot 20 frikkadelle en sit dit in oondbak.
- Bak vir 30 minute of tot gaar.
- Sous Gooi alle sousbestanddele in kastrol en laat kook.
- Gooi sous laaste vyf minute van baktyd oor frikkadelle.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.