Wanneer laas het jy tradisionele bobotie gemaak?
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) vars gemmer, gerasper
500 g maalvleis
10 ml kerriepoeier
5 ml (1 t) borrie
2 snye brood
30 ml (2 e) melk
30 ml (2 e) appelkooskonfyt
10 ml (2 t) rysasyn
80 ml (1/3 k) rosyntjies
4 eiers
80 ml (1/3) melk
Metode
Verhit oond tot 180 °C.
- Verhit olie en braai uie, knoffel en gemmer tot sag.
- Skep uie uit en braai maalvleis tot bruin.
- Gooi uie en geurmiddels terug by vleis, laat goed braai.
- Laat brood in melk week tot sag.
- Voeg broodmengsel, appelkooskonfyt, asyn en rosyntjies by maalvleismengsel. Roer goed. Geur met sout en peper.
- Skep maalvleismengsel in oondbak.
- Klits eiers en melk saam en gooi oor maalvleismengsel.
- Bak vir 20 minute of tot eier gestol is.