Maak hierdie tongvis-en-murgpampoenrolletjies vir aandete!
4 porsies
Bestanddele
250 g (1 houer) roomkaas
30 ml (2 e) broodkrummels
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
sout en peper
8 tongvisfilette
2 groot murgpampoentjies in lang, dun repe gesny
125 ml (½ k) groente-aftreksel
125 ml (½ k) room
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Meng roomkaas, broodkrummels, pietersielie, sout en peper.
- Smeer roomkaasvulsel dik oor visfilette, gevolg deur murgpampoentjierepe.
- Rol op en pak rolletjies netjies in oondbak.
- Meng aftreksel en room saam en giet oor vis. Geur met sout en peper
- Bak vir 25 minute of tot vis gaar is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.