Hier is ’n resep vir ’n baie maklike én lekker Thaise hoenderkerrie met spaghetti
4 porsies
LEES OOK: Hoender-en-olyf-pasta
6 grasuie
1 rooi brandrissie, ontpit en fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
3 ml droë fyn gemmer
1 ml vars gemaalde swartpeper
60 ml (4 e) vars koljanderblare, grofgekap
f yngerasperde skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) olyfolie, of gewone olie
Hoender
500 g (1 pak) spaghetti
8 hoenderborsies, in repies gesny
10 ml (2 t) koekmeel
410 g (1 blik) klappermelk
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
125 ml (½ k) kasjoeneute, grofgekap
LEES OOK: Romerige hoender-aspersie-en- witwyn-pasta
- Verwerk grasuie, brandrissie, knoffel, gemmer, swartpeper, vars koljanderblare, suurlemoenskil en -sap en olyfolie met stokmenger tot fyn.
- Hoender Verhit water in kastrol tot kookpunt. Voeg 5 ml (1 t) sout en 10 ml (2 t) olie by borrelende water.
- Kook pasta tot al dente. Dreineer. Roer klein bietjie olie deur pasta. Bedek en hou warm.
- Verhit olie en braai hoender tot ligbruin. Sprinkel koekmeel oor hoenderstukkies en roer tot gemeng.
- Voeg sousmengsel en klappermelk by hoender en verhit tot goed warm.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Skep hoender op pasta en sprinkel kasjoeneute bo-oor.
- Sit warm voor.