Berei ‘n feesmaal by jou huis voor met bestanddele en ‘n resep wat by jou voordeur afgelaai word deur UCOOK
2 porsies
Noedels
1 rooi soetrissie, gekap
2 hoenderborsies, in repe gesny
20 ml thaise groenkerriepasta
250 ml hoenderaftreksel
300 g Zucchini, in dun repe gesny
200 ml klappermelk
30 ml sojasous
100 g klein tamaties, fyn gesny
6 g koriander, gekap
1 Berei bestanddele voor soos gelys en kook noedels in kokende water.
2 Verhit bietjie olie tot matige hitte en braai rooi soetrissie vir ongeveer agt minute. Haal uit en hou eenkant.
3 Geur hoenderrepe met sout en peper en bietjie olie en braai in warm pan vir twee minute. Hoender hoef nie nou al heeltemal gaar te wees nie. Verwyder uit pan en voeg by soetrissie.
4 Voeg twee derdes van kerriepasta in pan waarin hoender gebraai is tesame met bietjie olie. Kook vir omtrent ‘n minuut en laat met olie meng.
5 Voeg nou hoenderaftreksel, zucchini, klappermelk, sojasous, tamaties, hoender en soetrissie by kerriepasta. Kook vir vyf minute tot zucchini sag is en hoender deurgekook is.
6 Proe of dit nodig is om nog kerriepasta by te voeg. Indien wel, voeg by en kook vir ‘n verdere twee minute. Geur na smaak en bedien met vars koriander op noedels.