Nou dat jy weet hoe om garnale skoon te maak kan jy hierdie lekker Thaise garnaalkerrie probeer
4 porsies
Bestanddele
20 middelslag-garnale
2 grasuie, gekap
2 huisies vars knoffel
5 cm vars gemmer
60 g (2 pakkies) vars koljanderblare
30 g (1 pakkie) vars pietersielie
15 g (½ pakkie) vars basiliekruid
2–3 groen brandrissies
5 ml (1 t) vissous
10 ml (2 t) sojasous
80 ml (1/3 k) water
400 ml (1 blik) klappermelk
1 groen soetrissie, in repies gesny
Klik hier en leer om garnale skoon te maak
Metode
- Maak garnale skoon en hou in yskas.
- Braai grasuie in bietjie olie oor stadige hitte tot sag.
- Terwyl uie braai, gooi knoffel, gemmer, koljander, pietersielie, basiliekruid, brandrissie, vissous en sojasous in voedselverwerker en verpulp tot glad. Gooi bietjie water by om proses te vergemaklik.
- Voeg garnale, klappermelk, soetrissie en kruiemengsel by uie en laat prut tot garnale gaar is.
- Bedien met jasmynrys.