Maak lekker garnale met ’n mousselinesous. ’n Mousselinesous is ’n hollandaise-sous met geklopte room
4 porsies
Bestanddele
DEEG
180 ml (2/3 k) koekmeel
80 ml (1/3 k) mielieblom
2,5 ml (½ t) bakpoeier
1 ml (1/5 t) koeksoda
knypie knoffelsout
1 eier
250 ml (1 k) yswater
400 g garnale, skoongemaak
olie vir diepbraai
MOUSSELINESOUS
125 ml (½ k) room
hollandaise-sous
Metode
- Meng droë bestanddele saam. Klits eier en water by droë bestanddele.
- Doop garnale in deegmengsel en braai in warm olie tot goudbruin. Haal uit en laat olie afdrup.
- Klits room tot sag en vou by hollandaise-sous in. Bedien met garnale en slaai.