Maak ’n variasie op ’n gewone burger met hierdie lekker tempura-calamari-burger
2 porsies
BESTANDDELE
TEMPURADEEG
180 ml (¾ k) bruismeel
2,5 ml (½ t) gedroogde pietersielie
2,5 ml (½ t) visspeserye
2,5 ml (½ t) knoffelsout
250 ml (1 k) ligte bier
CALAMARI
500 g (½ pak) calamari-ringetjies
olie vir vlakbraai
2 groot hamburgerrolletjies
30 ml (2 e) pienk mayonnaise
handvol roketblare
1 tamatie, in ringetjies gesny
½ rooi ui, in ringetjies gesny
paar druppels suurlemoensap
METODE
1 Tempuradeeg Meng alle droë bestanddele saam. Voeg bier by en klits goed.
2 Calamari Rol droë calamari-ringetjies in 125 ml bruismeel. Dompel dadelik in tempura en dan in olie om te braai. Braai tot goudbruin en gaar en dreineer op kombuispapier.
3 Smeer elke rolletjie met pienk mayonnaise en sit blare, tamatieskyfie en uie op.
4 Sit calamari bo-op en bedrup met paar druppels suurlemoensap. Sit nog blare op.
WENK
Bedien met tuisgemaakte aartappelwiggies of slaptjips
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.