ongeveer 10 porsies
Bestanddele
1 l (250 ml x 4) koekmeel
90 ml (6 e) strooisuiker
knypie sout
10 g (1 pakkie) droë kitsgis
125 ml (½ k) warm karringmelk
ongeveer 90 ml (6 e) warm water
2 eiers
75 ml (5 e) botter, gesmelt
VULSEL
75 ml (5 e)
sagte botter
187 ml (¾ k) sultanas of rosyntjies
100 g (1 plak) melksjokolade, grof gekap
5 ml (1 t) fyn kaneel
45 ml (3 e) strooisuiker
AFRONDING
1 eier, geklits
187 ml (¾ k) versiersuiker, gesif
10 ml (2 t) kookwater
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Meng meel, suiker, sout en gis in mengbak.
2. Klits karringmelk, water, eiers en botter. Giet by meelmengsel.
3. Meng tot deeg wat sag, maar nie klewerig is. Voeg warm water by indien te styf. 4. Knie deeg tot glad en elasties.
5. Plaas deeg in plastieksakkie wat aan binnekant met olie gesmeer is en laat op warm plek rys tot dubbeld die grote.
6. Verwyder uit sakkie en knie effens.
7. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit. Sny in reghoek.
8. Vulsel: Smeer deeg met sagte botter. Sprinkel sultanas/rosyntjies, sjokolade, kaneel en suiker bo-oor.
9. Rol soos rolkoek op. Plaas op gesmeerde bakplaat en vorm in ring. Vou punte bymekaar.
10. Knip ring in skywe. Trek bietjie weg van mekaar.
11. Afronding: Smeer geklitste eier bo-oor. Bak vir 30 tot 35 min. of tot ligbruin bo-op.
12. Wanneer heeltemal afgekoel is, meng versiersuiker en water tot dik loperige versiersel. Drup bo-oor teering.