Wilna Myburgh glo één ding in die winter, en dit is dat Glühwein ‘n absolute móét vir oorlewing is.
Probeer dié (nie-tradisionele) Glühwein-resep.
Bestanddele
1 bottel (750 ml) rooiwyn
30 ml brandewyn
sap van 2 lemoene
1 lemoen, in ½ cm-skywe gesny
1 suurlemoen, in ½ cm-skywe gesny
5 kardemompeule (opsioneel)
12 cm-kaneelstokkie, in die helfte gebreek
2 naeltjies
1 k bruinsuiker
1 k water
2 k rooibostee (2 teesakkies op 2 koppies water)
Metode
- Meng al die bestanddele saam in ‘n groot kastrol.
- Roer oor ‘n lae hitte totdat die suiker gesmelt is – moenie dit laat kook nie.
- Dit neem net so 10 minute en dan kan jy begin proe!
Resep deur Wilna Myburgh, soos in www.jouwereld.co.za gepubliseer.