Dié Franse appeltert is perfek vir ’n koue wintersdag. Dis maklik om te maak en die beste van alles is, jy maak net een pan vuil!
8 porsies
BESTANDDELE
10 (1,1 kg) middelslag- Granny Smith-appels
105 ml (100 g) strooisuiker
45 ml (45 g) botter
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
1 rol (400 g) skilferdeeg
1 ℓ vanieljeroomys
METODE
Voorverhit oond tot 190 °C.
1 Skil appels en sny in netjiese skywe.
2 Verhit strooisuiker in 25 cmswaarboompan en roer totdat al die suiker goudbruin verkleur het.
3 Gooi botter by en roer tot karamel vorm.
4 Gooi appelstukke by en roer vir sowat 15 minute totdat alle stukke goudbruin is. Verwyder van hitte. Gooi vanieljegeursel by en meng.
5 Rangskik appelstukke in netjiese patroon.
6 Sny skilferdeeg in rowwe sirkel sowat 3 cm groter as pan. Plaas deeg bo op appels en druk rand netjies teen kant in.
7 Bak vir 40–45 minute tot deeg goudbruin en gaar is. Haal uit oond en laat vir uur in pan afkoel.
8 Keer tert op bord uit en sit saam met roomys voor.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.