Sop is voedsaam, heerlik en die perfekte dis vir ’n koue aand. Maak gerus hierdie lekker tamatiesop
Bestanddele
4 tot 6 porsies
olyfolie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë basiliekruid
1 2 groot tamaties, in wiggies gesny
80 ml (1/3 k) rooiwyn
410 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) ligte bruinsuiker
250 ml (1 k) groente-aftreksel
sout en peper na smaak
250 ml (1 k) room
LEES OOK: Botterskorsiesop met klappermelk
Metode
- Verhit olyfolie en soteer ui, knoffel en basiliekruid tot ui sag is.
- Voeg tamatiewiggies by. Braai vir ses minute.
- Voeg rooiwyn, tamaties, bruinsuiker, groente-aftreksel, sout en peper by.
- Prut vir 45 minute oor matige hitte sonder deksel.
- Verpulp sop met handmenger tot glad.
- Plaas sop weer terug op stoofplaat en roer room by. Verhit tot deurwarm, maar moenie dat sop kook nie, anders skif dit.
- Sit warm voor.