Maak heerlike rysgereg – ideaal vir die winter!
4 porsies
Bestanddele
HOENDER
bietjie olie
4 hoenderborsies, ontbeen, ontvel en in repies gesny
knoffelsout na smaak
2,5 ml (½ t) droë Italiaanse kruie
30 ml (2 e) balsemieke asyn
TAMATIERISOTTO
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2 rooi soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
500 ml (2 k) arboriorys (risottorys)
5 songedroogte tamaties, fyngekap
1 l warm hoenderaftreksel
250 ml (1 k) witwyn
187 ml (¾ k) kookwater
Metode
1 Hoender Verhit bietjie olie in braaipan. Vryf hoender met knoffelsout en kruie in.
2 Voeg asyn in braaipan en soteer hoenderborsies tot gaar aan albei kante.
3 Hou eenkant.
4 Tamatierisotto Verhit olie in ander pan en soteer ui tot sag. Voeg soetrissies by en soteer tot sag.
5 Voeg rys by en roer tot goed met olie bedek.
6 Voeg tamaties by. Roer 1 koppie hoenderaftreksel en witwyn by. Doen so tot alle vloeistof geabsorbeer is.
7 Skep risottomengsel in gesmeerde oondbak en pak hoenderborsies bo-op.
8 Gooi nog 187 ml (¾ k) kookwater bo-oor.
9 Plaas deksel op en bak vir 20 min. of tot alle vloeistof geabsorbeer is.
10 Sit dadelik voor.