Met koue weer om die draai is ’n tamatie-skaapkerrie net die antwoord
4 porsies
BESTANDDELE
1 kg skaapnek, in stukke
125 ml (½ k) koekmeel
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) vars borrie
15 ml (1 e) kerriepoeier
420 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
500 ml (2 k) beesaftreksel
METODE
1 Rol vleis in koekmeel en braai in warm pan tot goudbruin.
2 Braai ui tot sag. Gooi speserye by en braai tot geure loskom.
3 Voeg tamaties, tamatiepasta en aftreksel by.
4 Laat stadig prut vir omtrent een uur tot vleis sag is.
5 Sit saam met kapokaartappels of rys voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.