Maak hierdie maklike tamatie-en-feta-fillopastei vir middag- of aandete!
1 groot pastei
6 velle fillo
gesmelte botter
45 ml (3 e) Italiaanse kruie
45 ml (3 e) uiemarmelade
200g (1 pak) tamaties, verskillende kleure
2 sirkels feta
vars basiliekruid
Stel oond op 180 °C.
- Smeer een vel fillo met botter en sprinkel liggies met Italiaanse kruie. Doen dieselfde met res van fillo en stapel op mekaar om een groot blok te vorm.
- Vou kante omtrent 5 cm na binne om. Smeer weer met botter.
- Smeer uiemarmelade oor hele pastei. Sny tamaties in skywe en rangskik eweredig.
- Sprinkel fetakaas oor. Plaas op bakplaat en bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.
Wenk
As jy nie uiemarmelade kry nie, maak jou eie: Braai twee groot rooiuie in botter, kook met 125 ml (½ k) suiker en 250 ml (1 k) balsamiese asyn tot verdik. Bêre in geseëlde glashouer.