Maak ’n slag souterige skons. Hierdie suurroomskons is ’n heerlike happie vir die kosblik
Deur: MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto’s: ANDREA CALDWELL
8 tot 10 groot skons
Bestanddele
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
1 ml sout
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
knypie rooipeper
125 ml (½ k) cheddarkaas, fyngerasper
6 swart olywe, fyngekap
6 grasuie, fyngekap
250 ml (1 k) suurroom
75 ml (5 e) olie
VIR BO-OOR
melk sesamsaad
Metode
Stel oond op 220 °C
- Sif koekmeel, bakpoeier, sout, mosterdpoeier en rooipeper saam.
- Voeg kaas, olywe en grasuie by meelmengsel. Roer tot dit goed met meel bedek is.
- Meng suurroom en olie en voeg by meelmengsel.
- Meng met mes tot net gemeng. Dit moet so min as moontlik hanteer word.
- Druk deeg met jou hande bymekaar en vorm op bestrooide oppervlak tot 2,5 cm dik.
- Druk skons met ronde koekiedrukker uit en sit op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
- Vir bo-oor Verf met bietjie melk en sprinkel sesamsaad oor.
- Draai oond se hitte na 200 °C af sodra skons in oond gesit word. Bak vir 12 tot 15 minute of totdat bokant goudbruin is.
- Sit saam met botter en kaas voor.