Lemoene, suurlemoene en lemmetjies is die ideale vrugte vir winter. Hierdie suurlemoenvingers is een van ons gunstelinge
ongeveer 30 vingers
Bestanddele
KOEKIES
250 g (½ blok) botter
397g (1 blik) kondensmelk
2,5 ml (½ t) suurlemoensap
125 ml (½ k) klapper
400 g (200g x 2 pakkies) mariekoekies
VERSIERSEL
75 ml (5 e) sagte botter
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) suurlemoensap
knypie fyn gerasperde suurlemoenskil
Metode
- Koekies Smelt botter in kastrol. Roer kondensmelk, suurlemoensap en klapper by. Verwyder van hitte.
- Druk mariekoekies fyn, nog effens grof.
- Meng koekies by kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
- Druk mengsel in 28cm x 20cm grootte bak vas wat met botter gesmeer is.
- Plaas in yskas tot gestol en sny in vingers van ongeveer 2,5cm x 5cm.
- Versiersel Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjies op ‘n slag by en voeg suurlemoensap en suurlemoenskil daarby.
- Skep versiersel in spuitsak en spuit patroontjies bo-op.