Hierdie warm suurlemoenpoeding vorm self ’n heerlike suurlemoensous op die bodem. Net die ding vir ’n koue wintersdag
Gebakte suurlemoenpoeding
8 porsies
BESTANDDELE
70 ml (75 g) botter
315 ml (300 g) strooisuiker
skil van 2 suurlemoene
125 ml (½ k) suurlemoensap
5 eiers, geskei
140 ml (75 g) koekmeel
250 ml (1 k) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
versiersuiker vir strooi
room
METODE
Voorverhit oond tot 180 °C en berei oondbak van 37 cm x 24 cm voor deur dit met botter te smeer.
1 Klop botter, suiker en suurlemoenskil tot lig en donsig.
2 Gooi suurlemoensap, eiergele, koekmeel, melk en vanieljegeursel by en meng goed.
3 Klits eierwitte styf en vou by beslag in.
4 Skep beslag in oondbak en bak vir 45 minute tot goudbruin en gaar.
5 Strooi liggies met versiersuiker en sit met styfgeklitste room voor.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.