Die winter is koud en ons is sommer ekstra lus vir iets warms en soets ná ete
• 6 porsies
Bestanddele
60 ml (4 e) botter
250 ml (1 k) strooisuiker
4 ekstragroot eiers, geskei
90 ml (6 e) bruismeel
100 ml (6 e + 2 t) suurlemoensap
10 ml (2 t) suurlemoenskil, fyngerasper
60 ml (4 e) water
375 ml (1½ k) volroommelk
Metode
• Stel oond op 160 °C.
1 Klits botter en suiker vir twee minute.
2 Voeg eiergele by en klits goed.
3 Roer bruismeel, suurlemoensap en -skil by tot goed gemeng.
4 Meng melk en water, voeg bietjies op ‘n slag by beslag en roer om klonte te voorkom.
5 Klits eierwitte styf en vou by beslag in.
6 Gooi in individuele bakkies en sit in bak met water sodat bakkies halflyf in water staan. Bak vir 18-20 minute of tot goudbruin bo-op.
7 Laat poedings in waterbad afkoel.
8 Haal uit waterbad en sit louwarm voor.
WENK As jy die poeding in een groot bak wil sit, kan jy dit vir 35 minute bak
Vervang die suurlemoensap en-skil met lemoensap en -skil vir ’n lemoenpoeding