Met ’n dun snytjie gebakte suurlemoentert kan jy heerlik agteroor sit en dit net geniet
Deur: MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto: ANDREA CALDWELL
Suurlemoenmeringuetert
1 groot tert
KORS
400 g (2 x 200 g-pakkies)
Tennisbeskuitjies
200 g botter, gesmelt
VULSEL 7 70 g (2 x 385 g-blikke)
volroomkondensmelk 250 ml (1 k)
suurlemoensap
eiergeel van 6 ekstragroot eiers
BOLAAG
eierwit van 6 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
knypie sout
Stel oond op 160 °C.
1 Kors Kap koekies in voedselverwerker fyn. Voeg net genoeg gesmelte botter by om koekiekrummels aan mekaar te laat klou.
2 Druk koekiekrummels op bodem en langs kante van losboomkoekpan van 22 cm in deursnee wat met kossproei gespuit is.
3 Vulsel Meng kondensmelk en suurlemoensap in mengbak.
4 Klits eiergele liggies met vurk en roer by kondensmelkmengsel tot goed gemeng.
5 Giet kondensmelkmengsel in tertkors en bak vir 15 minute.
6 Haal uit oond.
7 Bolaag Klits eierwitte tot baie styf. Voeg strooisuiker bietjies op ’n slag by terwyl jy nog steeds klits.
8 Voeg sout by en klits tot meringue goed gemeng is. Skep meringue op vulsel en maak punte bo-op met mes.
9 Sit weer terug in oond vir nog 22 tot 25 minute of tot meringue ligte goudbruinkleur kry.
10 Laat heeltemal afkoel en sit in skyfies voor. Vk