Ons monde water behoorlik vir hierdie lekker suurlemoen-en-karamel-tert
1 tert
Bestanddele
KORS
2 00 g (1 pakkie) klapperkoekies, fyngedruk
60 ml (¼ k) gesmelte botter
SUURLEMOENLAAG
160 ml (½ k + 2 e) suiker
1 eier
3 eiergele
60 ml (¼ k) suurlemoensap
60 ml (¼ k) water
skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) botter
125 ml (½ k) room
KARAMELLAAG
125 ml (½ k) suiker
80 ml (1/3 k) room
1 vlaresep (klik hier vir die resep)
30 ml (2 e) gelatien
30 ml (2 e) water
Metode
- Kors Meng koekies en botter en druk in 22 cm-tertpan vas.
- Suurlemoenlaag Klits suiker, eiers, suurlemoensap, water en skil saam. Sit in dubbelkoker en roer tot verdik.
- Gooi botter by en roer goed. Hou eenkant.
- Klits room styf en vou by suurlemoenvulsel in. Giet oor koekielaag en laat staan.
- Karamellaag Smelt suiker oor lae hitte tot karamelkleur vorm.
- Roer room by tot dit by suiker insmelt. Wanneer mengsel effe koeler is, roer vla by.
- Sprinkel gelatien oor water. Wanneer dit uitgeswel is, smelt oor lae hitte in mikrogolfoond.
- Roer gelatienmengsel by karamelmengsel.
- Giet karamelmengsel oor suurlemoenlaag. Laat oornag in yskas stol.