Sarah sê kinders geniet dit op roosterbrood, maar sy eet hare op ryskoekies. Maak ongeveer een koppie Nutella.
Bestanddele
1 k (135 g) haselneute
125 ml kokosneutmelk
80 ml rysmoutstroop
1 e Macademia-olie ofkokosneut-olie
1/4 k (30 g) rou kakaopoeier
1 e vanieljepoeier
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius.
- Rooster die haselneute op ’n oondpan vir 8-10 minute of tot goudbruin.
- Vryf meeste van die doppe af, omdat hulle bitter kan wees.
- Maal in ’n voedselverwerker tot fyn en voeg die oorblywende bestanddele by en meng goed.
- Vermeerder die kokosneutmelk as jy dit meer as ’n sous wil gebruik.
- Dit hou vir etlike weke in die yskas.