Refentse Morake het onlang op Kyknet se program, Kampkos, ‘stoute Vaaloewer-wors’ by ATKV-Natalia gemaak. Hier is die resep
Bestanddele
500g tot 1 kg wors
2 tot 3 koppies mieliemeel
420g suikermielies
4 groot tamaties
2 uie
sout
Metode
- Begin deur die pap te maak en te laat staan sodat dit stadig op die plaat gaar word.
- Braai die gekapte uie en tamatie in ‘n bietjie olyf olie totdat dit ‘n lekker dik ‘sous’ vorm.
- Sodra die pap gereed is, meng die suikermielies deeglik in die pap. Los die pot nog ‘n rukkie op die hitte sodat die suikermielies lekker hitte kry.
- Braai die wors.
- Bedien dit!
