Hier is ’n maklike sjokoladenagereg om jou geliefde mee te bederf
SJOKOLADE-LAWAPOEDING
8 porsies
Bestanddele
180 g donkersjokolade, fyngekap
180 ml (175 g) botter
375 ml (200 g) versiersuiker
3 groot eiers
3 eiergele
135 ml (75 g) koekmeel
45 ml (3 e) kakao
versiersuiker
aarbeie
Metode
Voorverhit oond tot 200 °C en smeer oondbakkies met botter en strooi met kakao.
1 Smelt sjokolade en botter en roer tot glad.
2 Gooi versiersuiker by en meng goed.
3 Gooi eiers en eiergele by en meng goed.
4 Sif meel en kakao by en meng goed.
5 Skep beslag in oondbakkies en bak vir 13 minute totdat kante ferm is, maar nog sag in middel. (Baktyd sal van oond tot oond varieer)
6 Sif versiersuiker oor en versier met ’n aarbei.
WENK Die beslag kan vooraf gemaak word en in die yskas gebêre word tot benodig
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.