Paella is kos wat jy buite op die vuur kan maak. Gerrie is mal oor buite kuier en sê dis ’n sosiale manier van kos maak
4 tot 6 porsies
60 ml (4 e) olyfolie
2 uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
gesny
1 chorizoworsie, in wieletjies gesny
3 hoenderborsies, in klein blokkies
gesny
15 ml (1 e) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) borrie
500 ml (2 k) rou rys
2,5 ml (½ t) sout
1 ml swartpeper
330 ml (1 blikkie) bier
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
500 ml (2 k) bevrore ertjies
500 ml (2 k) bevrore garnale, geblansjeer en skoongemaak
500 ml (2 k) bevrore calamariringe, ontdooi
Stel oond op 180 °C.
- Verhit olie en braai uie, soetrissie en chorizo tot sag, ongeveer 5 minute in geskikte kastrol/bak wat ook in oond geplaas kan word.
- Voeg hoender en knoffel by en braai tot ligbruin, ongeveer 5 minute.
- Voeg borrie, rys, sout en peper by en roer goed deur.
- Voeg bier en net 500 ml (2 k) van hoenderaftreksel by. Hou 250 ml (1 k) eers eenkant.
- Verhit bestanddele tot kookpunt. Plaas deksel bo-op en plaas in oond vir 30 minute.
- Haal uit oond, roer ertjies, garnale en calamari by. Roer goed deur. Gooi ekstra hoenderaftreksel by indien nodig.
- Sit deksel op en draai stoof se hitte na 220 °C. Plaas terug in oond vir nog 15 minute.
- Haal paella uit, garneer met gekapte pietersielie en sit met suurlemoenwiggies voor.
WENK
Gebruik groot heel garnale en maak dit apart op baie hoë hitte in botter gaar met genoeg sout en swartpeper.
Rangskik gaar garnale op paella