David Fourie deel sy heerlike perskepoeding-resep met ons
“Ek geniet dit om vir mense kos te maak. Baie van my gaste is ook proefkonyne vir nuwe resepte. Daar is niks lekkerder as om met ’n glas wyn in die kombuis te staan en kos maak terwyl jy saam met vriende kuier nie,” gesels David. David glo dat minder meer is as dit by kook kom. “Dit is die moeite werd om oor kombinasies van kruie en smake op te lees. ’n Mens hoef nie altyd baie te gebruik om ’n lekker dis te maak nie. Eenvoudige kombinasies met goeie bestanddele is gewoonlik genoeg om ’n wonderlike ete te maak.”
Perskepoeding (cobbler)
6 porsies
820 g (2 x 410 g-blikke) geblikte perskes, gedreineer
125 ml (½ k) suiker
500 ml (2 k) water
60 ml (4 e) botter
200 ml bruismeel
125 ml (½ k) suiker knypie sout
200 ml volroommelk
fyn kaneel vir bo-oor (opsioneel)
Stel oond op 180 °C.
- Verhit perskes, suiker en water in kastrol tot kookpunt. Draai hitte laer en laat kook oor matige hitte vir 10 minute. Verwyder van hitte om bietjie af te koel.
- Skep botter in oondbak van 25 x 25 cm en mikrogolf op hoog om botter te laat smelt (ongeveer 25 sekondes). Dit moenie kook nie.
- Meng bruismeel, suiker en sout saam. Roer melk stadig by terwyl mengsel met ballonklitser geklits word.
- Skep deeg op gesmelte botter in oondbak.
- Skep perskeskywe op en giet stroop stadig oor beslag.
- Sprinkel bietjie kaneel oor (opsioneel).
- Bak vir 40 minute of tot goudbruin bo-op.
- Sit saam met styfgeklitste room of soos verkies voor.
Dis die perfekte Sondagmiddagnagereg met geklopte room. Die eindproduk laat mense gewoonlik oe en aa