Carike Keuzenkamp vertel sy het veral van kosmaak gehou toe sy jonger was en het allerhande goed opgetower, maar “ek raak al hoe luier hoe ouer ek raak. Ek maak nou net maklike goed.”
6 porsies
385 g (1 blik) tertappels
30 ml (2 e) heuning
100 g (1 pakkie) okkerneute, gekap
1 ml fyn naeltjies
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
250 ml (1 k) koekmeel
187 ml (¾ k) strooisuiker
knypie sout
75 ml (5 e) sagte botter
Stel oond op 180 °C.
- Skep appels in gesmeerde oondbak met deursnee van 20 cm of in individuele pannetjies.
- Skep heuning oor appels en sprinkel okkerneute, naeltjies en kaneel oor.
- Sif meel in mengbak. Roer strooisuiker en sout by.
- Vryf botter by meelmengsel in totdat dit soos krummels lyk. Sprinkel bo-oor appels in oondbak en druk liggies bo-op vas.
- Bak vir 35 tot 40 minute tot ligbruin bo-op.
- Sit saam met roomys, vla of room voor.