Sy hou daarvan om met vars produkte te kook en veral met kruie. Sy het ook haar eie kruietuin. “Daar is geen kosse wat ek nie eet nie en ek hou altyd daarvan om nuwe dinge te probeer.”
Broccoli-en-peer-sop
4 tot 6 porsies
bietjie olie
klont botter
7 ml matige kerriepoeier
4 preie, gekap
700 g (1 groot kop) broccoli, in
blommetjies gesny
3 ryp pere, ontpit en grofgekap
75 ml (5 e) hoenderaftrekselpoeier
van Ina Paarman
1,25 l (5 k) kookwater
2 sirkels fetakaas, grofgebreek
1 Smelt olie en botter saam in groot kastrol.
2 Voeg kerrie en preie by. Soteer tot preie sag is.
3 Voeg broccoli en pere by en soteer vir 3 minute.
4 Voeg hoenderaftreksel by kookwater en roer tot opgelos. Voeg aftreksel by mengsel in kastrol.
5 Prut vir 15 minute of tot broccoli sag is.
6 Roer fetakaas by.
7 Verpulp sop met handmenger tot fyner, maar nie glad nie.
8 Sit warm voor.