Lyk hierdie steak-en-niertjie-pastei nie net heerlik nie?
4 porsies
Bestanddele
8 skaapniertjies
500 g blokkies beesvleis, sonder bene
sout en peper
60 ml (¼ k) koekmeel
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
500 ml (2 k) beesvleisaftreksel
60 ml (¼ k) suurlemoensap
2 lourierblare
2 naeltjies
5 ml (1 t) fyn koljander
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
Metode
Stel oond op 200 ˚C.
- Sny niertjies horisontaal en verwyder wit membraan. Sny in kleiner stukkies op.
- Voeg sout en peper by meel en rol vleis daarin.
- Verhit olie en braai vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
- Braai ui tot sag. Gooi vleis terug in kastrol.
- Gooi aftreksel, suurlemoensap en geurmiddels by en laat kook tot vleis sag is.
- Skep uit in oondbak en bedek met deeg. Smeer met bietjie melk.
- Bak vir 20–30 minute of tot goudbruin en gaar.