Pasteie bly gewild. Probeer hierdie steak-en-bier-pastei
4 porsies
BESTANDDELE
1 kg blokkies beesvleis sonder bene
125 ml (½ k) mielieblom
5 ml (1 t) rooivleissout
5 ml (1 t) swartpeper
1 ui, in ringetjies gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
340 ml (1 blikkie) donker bier (stout)
500 ml (2 k) bruinaftreksel
30 ml (2 e) worcestersous
15 ml (1 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie fyn naeltjies
1 rol skilferkorsdeeg
METODE
Stel oond op 200 ˚C.
1 Rol vleis in mielieblom en braai in bietjie olie tot bruin. Geur met sout en peper. Skep uit en hou eenkant.
2 Braai uie en knoffel tot sag.
3 Gooi vleis, bier, aftreksel, worcestersous, tamatiepasta, koljander en naeltjies by uiemengsel en laat stadig prut tot vleis amper sag is.
4 Skep in vier individuele bakkies.
5 Sny skilferkorsdeeg in sirkels en trek oor rand van bakkies.
6 Bak vir 30 minute of tot deeg goudbruin en bros is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.