2 koeke
Bestanddele
375 ml (1½ k) strooisuiker
30 ml (2 e) water
250 ml (1 k) kookwater
60 ml (4 e) kakao
125 ml (½ k) olie
500 ml (2 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
VERSIERSEL
397 g (1 blik) gekookte kondensmelk
100 g (¹/5 blok) sagte botter
45 ml (3 e) kakao, gesif
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
ongeveer 15 ml (1 e) melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Koek: Klits eiergele, strooisuiker en water tot liggeel.
2. Meng kookwater en kakao tot glad en sonder klonte.
3. Meng kakaomengsel en eiergeelmengsel. Voeg olie by en meng goed.
4. Sif meel, kaneel, bakpoeier en sout en roer by kakaomengsel.
5. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou by beslag in.
6. Smeer en voer twee ronde koekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier.
7. Verdeel beslag in twee koekpanne. Maak gelyk bo-op.
8. Bak vir 25 min. of tot toetspen skoon uitkom.
9. Laat bietjie in koekpanne afkoel en keer uit om heeltemal af te koel.
10. Versiersel: Sny koeklae in helfte deur en verdeel kondensmelk tussen twee lae. Plaas lae weer opmekaar.
11. Room botter en kakao tot donserig. Voeg versiersuiker bietjies-bietjies by.
12. Voeg vanielje en melk by. Voeg nog bietjie melk by as versiersel te dik is.
13. Smeer sjokoladeversiersel tussen koeklae. Plaas lae opmekaar en versier koek verder met sjokolade- versiersel soos verkies.