Die spinasie-en-basiliekruid-mengsel sit ekstra groente in hierdie stampkoringslaai
2 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) stampkoring
500 ml (2 k) groente-aftreksel
1 75 g (½ pak) murgpampoentjienoedels
15 g botter
50 g babaspinasie
5 g vars basiliekruid
bietjie olyfolie
2 44 g (1 blik) kekerertjies, gedreineer
50 g (½ rol) sagte bokmelkkaas, in ringetjies gesny
50 g songedroogde tamaties in olie, in stukkies geskeur
50 g (½ pakkie) olywe
Metode
- Kook stampkoring in aftreksel tot gaar. Geur met sout en peper.
- Braai noedels in botter tot net sag. Laat afkoel.
- Verpulp spinasie en basiliekruid met bietjie olyfolie tot ’n sagte pasta.
- Roer noedels en res van bestanddele by stampkoring. Gooi spinasie-enbasieliekruid- mengsel as sous oor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.