Amelia Hanekom van Ernie Els Wyne se resep vir stadig-geroosterde varklies met sampioenrisotto
Vir die vark
2 kg varklies en vel apart
500 g growe sout
5 g vars tiemie
1 appeldrankie (savanna, hunters, red square, ens)
2 uie (grof gekap)
1 E heelkorrelmosterd
Vir die risotto
20ml olyf olie
1 ui (grofgekap)
1 knoffelhuisie (fyngekap)
200 g arborio-rys (risottorys)
100 ml witwyn
500 ml groenteaftreksel (warm)
100 g botter
100 g parmesaankaas
sout en peper na smaak
skeutjie suurlemoensap
Vir die sampioenpuree
500 g bruin sampioene
5 g vars tiemie
250 ml room
sout en peper na smaak
Vir die varklies
Stel oondtemperatuur op 180 oC. Maal die sout en tiemie saam en die sout die vleis vir 2,5 ure daarmee. Was die sout af en sout die vel vir 5 ure voor dit afgewas word. Sit die vleis, uie en appeldrankie in ’n oondbak en maak dit toe met foelie en bak vir ongeveer 3 ure. Haal dan die foelie af en bak tot bolaag goudbruin is. Sny die vel in repies en bak in die oondpan tot dit opgepof is.
Vir die risotto
Braai die uie en knoffel in die olyfolie tot sag. Gooi die rys by en braai totdat jy ’n neutgeur kry. Voeg die wyn by en roer tot alles geabsorbeer is en voeg dan die aftreksel ’n halwe koppie op ’n slag by. Maak seker die eerste lot is geabsorbeer voor jy die volgende lot bygooi. Die resep mag minder of meer van die aftreksel vat. Die risotto is reg as die rys nie meer hard in die middel is nie.
Haal die risotto van die hitte af en voeg die botter en kaas en ? skeutjie suurlemoensap by. Voeg sout en peper by soos jy aangaan. Roer die sampioenpuree by en bedien onmiddellik.
Vir die sampioenpuree
Braai die sampioen en tiemie in die olyf olie tot bruin en voeg die room by en prut vir twee minute. Haal die tiemietakkies uit en maal tot dit ’n puree is. Geur met sout en peper na smaak.